
PETRé SE KITSPOEDING-TERT
1 houertjie room, styf geklop
1 blikkie kondensmelk
1 houertjie roomkaas
1 pakkie vanielje kitspoeding
Meng kondensmelk,roomkaas en kitspoeding met styfgeklopte room.
Kors:
1 pakkie Marie beskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel
Meng alles in voedselverwerker tot fyn.
Smelt 125 g margarien en gooi beskuitjiemengsel daarby. Meng goed.
Druk beskuitjiemengsel in koekpan of tertbord. Skep kitspoeding mengsel in die kors en sit in yskas tot goed gestol.
Vir versiering het ek ingelegde perskes bo-op gepak en 1 houertjie room met ‘n bietjie suurlemoensap en kitspoeding styfgeklop.
Foto: Petré van Jaarsveld







Hettie Theunissen
Ek het net gesê ek gooi die kitspoeding net so uit die pakkie by die kondensmelk en roomkaas en meng dit goed voor ek dit by die styfgeklopte room voeg. Ek maak dit nie eers aan met melk