

CHANEL SE APPELBLATJANG
1 kg groen appels
1 groot ui, gerasper
375 ml bruinsuiker
375 ml asyn
125 ml lemoensap
3 brandrissies, fyn gekap
5 ml gemaalde gemmer sout na smaak
3 knoffelhuisies, gekneus
Skil en ontkern appels.
Rasper die appels.
Meng al die bestanddele goed saam.
Laat prut dit ongeveer 40 minute lank totdat die blatjang dik en souserig is.
Skep die blatjang in warm gesteriliseerde flesse en maak seker dat daar geen lugblasies vorm nie. Verseël dit.
Bewaar die blatjang op ʼn koel droë plek.
Bron: Chanel van Niekerk
Foto: James Gillespie






