PETRé SE KITSPOEDING-TERT

KITSPOEDING TERT
PETRé SE KITSPOEDING-TERT
1 houertjie room, styf geklop
1 blikkie kondensmelk
1 houertjie roomkaas
1 pakkie vanielje kitspoeding
Meng kondensmelk,roomkaas en kitspoeding met styfgeklopte room.

Kors:
1 pakkie Marie beskuitjies
2 eetlepels suiker
1 teelepel fyn kaneel

Meng alles in voedselverwerker tot fyn.
Smelt 125 g margarien en gooi beskuitjiemengsel daarby. Meng goed.
Druk beskuitjiemengsel in koekpan of tertbord. Skep kitspoeding mengsel in die kors en sit in yskas tot goed gestol.
Vir versiering het ek ingelegde perskes bo-op gepak en 1 houertjie room met ‘n bietjie suurlemoensap en kitspoeding styfgeklop.
Foto:  Petré van Jaarsveld‎