

SPEK EN KAAS KAPOKAARTAPPELS
Resep en foto: Emma Beetge
FOOD LOVERS RECIPES
2 kg aartappels
10 snye spek
1 koppie roomkaas, kamertemperatuur
½ koppie ongesoute botter, gesmelt
1 koppie suurroom
¼ koppie grasuie, opgekap
2 ½ koppies cheddarkaas, gerasper
2 teelepels sout
½ teelepel peper
Voorverhit die oond tot 180ºC. Skil aartappels, en sny in 1-duim stukke. Plaas in ‘n groot kastrol en voeg genoeg koue water om die aartappels te bedek met ongeveer 2 duim. Bring tot kookpunt oor medium-hoë hitte, en verminder om verder te prut. Kook tot sag en tot dit maklik is om met ‘n mes te deurboor, sowat 20 minute. Dra oor na ‘n vergiettes om te dreineer; keer terug na die pot, bedek en hou eenkant.
Verhit intussen ‘n groot pan oor medium hitte. Voeg spek by en braai tot bros en bruin, draai een keer. Dra oor na ‘n papier handdoek om te dreineer; laat afkoel en kap in stukke.
Gebruik ‘n vurk, mash die aartappels in die pot tot lig en donsig. Voeg die room kaas, botter en suurroom by en roer tot glad en gemeng. Voeg die grasuie, 2 koppies cheddarkaas, die helfte van die spek, sout en peper by. Roer tot goed gekombineer.
Dra oor na ‘n oondvaste skottel. Strooi die oorblywende ½ koppie cheddar kaas oor. Bak totdat die kaas bo-op goud is en die aartappels deurwarm is, sowat 30 minute. Haal uit die oond; versier met die oorblywende spek of smoked beef chips. Sit dadelik voor.






