SJOKOLADE MERINGUE LAAGKOEK
Meringue
4 ekstra groot eiers
115 g strooisuiker
115 g versiersuiker
200 g gekapte pekan neute (optioneel)
Klits eierwitte styf op medium spoed in ‘n glasbak. Moenie metaal of plastiek gebruik nie. Klits tot lig en donsig en dit stywe punte vorm. Klits nou op hoe spoed die strooisuiker lepels gewys by.
Klits 3-4 sekondes na elke byvoeging. Moenie oorklits nie. Dit is belangrik om die suiker stadig by te voeg sodat meringue bros kan wees. As die mengsel reg is sal dit dik en blink wees.
Sif ‘n derde van die versiersuiker oor die meringue en vou dis sagkens met ‘n metaal lepel in. Hou aan tot al die versiersuiker op gebruik is. Weereens is dit belangrik om die mengsel nie te veel te meng nie. Verdeel dit tussen 3 sirkels van bakpapier op ‘n bakplaat of ‘n losboom pan dat dit nie loop as dit bak nie.
Spuit ook die bakpapier met spray en cook en nie met botter nie.
Bak vir 1½ tot 1¾ uur by 100°C in ‘n waaier oond. 1¼ uur in ‘n gewone oond of gas oond by 110°C.
Vulsel
2 x 250 ml room
2 x 25 ml mascarpone kaas
125 g donker sjokolade
100 g gekapte pekan neute (optioneel)
Nutella sjokolade smeer vir drup oor room mengsel
Klop room tot lig en donsig. In ‘n ander bak klop die kaas tot lig en donsig. Vou room by kaas in. Smelt die sjokolade oor warm water of in mikrogolfoond en vou dit ook by die roommengsel.
Stel koek saam:
Smeer van die roommengsel oor die eerste meringue laag en strooi neute oor. Sit volgende laag meringue op en smeer nog room en strooi nog neute. Herhaal met die derde laag tot alles op is. Drup nutella oor die room mengsel.
Sjokolade krulle:
125 g donker baksjokolade
Smelt dit sjokolade oor warm water of in die mikrogolf. Smeer nou die gesmelte sjokolade oor die agterkant van ‘n plat langwerprige staal bak. Sit in yskas tot hard en verkoel. Vat ‘n mes en trek dit oor die sjokolade sodat dit krulle vorm. Wees net versigtig want dit smelt gou. Strooi van die krulle oor die nutella. Plaas in yskas. Bedien dadelik.
TIP: dit was heerlik. Ongelukkig het ons een fout gemaak en die bakpapier botter gesmeer, toe kom die meringue taai uit en het eventually gesmelt, so spuit eerder daai bakpapier
Resep en Foto: Somarié Muller