

HEERLIKE KERRIE HOENDERMAGIE-BREDIE
2 kg hoendermagies
1 groot ui fyn gekap
4 – 5 wortels in ringe gesny
1 koppie gevriesde ertjies
1 hoederaftreksel blokkie
1 goente-aftreksel blokkie
1 teelepel goeie kwaliteit kerrie mengsel
1 teelepel borrie
2 eetlepels souspoeier, om sous mee dik te maak
Kook magies, uie, aftekselblokkies, kerrie en borrie tot die magies goed sag is. (As jy ‘n stoompot gebruik is dit omtrend ‘n uur en ‘n half.) Sonder stoompot ten minste 2/3 ure.
Voeg dan jou groete by. Kook tot wortels sag is.
Maak sous dik met souspoeier.
Bedien saam met kapok aartappel.
As jy dit saam met rys wil bedien, kan jy aartappels in die bredie sit saam met die ander groente.
Heerlike winter trooskos.
Resep en foto: Thelma En Wessel DuPreez






