

RONEL SE KERRIEMENGSEL
1 eetlepel kerriepoeier
½ eetlepel masala kerrie
2 eetlepels suiker
3 eetlepels sojasous
1 teelepel Oestersous (as jy het)
1 teelepel moesterd olie (as jy het)
250 ml olyfolie
125 ml suurlemoensap
3 eetlepels wit/bruin asyn
Meng alles saam en vryf in die tjops in.
Ek het myne gisteroggend gedoen en in yskas gesit.
Vanoggend het ek uie in gesny.
Bak of braai soos verkies.
GENIET.
Resep en foto: Ronel Muller Thoma






