FANTA HOENDER POTJIE
Ek het die hoenderstukke eers so bietjie goudbruin gebraai. Uitgehaal uit die pot… dan uie en peppers wat gechop is gebraai, die hoender weer teruggesit . Ek het so 2 by 500 ml fanta bottels gehad en 1 ingegooi en dit gekook. Geen water so vir omtrent 45 min gekook. My aartappels by gesit gekook vir n ½ uur en chunky mix en baby carrots ingegooi, en verder vir ‘n halfuur gekook. As jou sous min raak, gooi die ander fanta by. As dit gaar is, het ek dit met ‘n pakkie bruin uie sop poeier dik gemaak dis al.
BRON – Raymond Williamson








