GIDEON SE EIER BUNS
3 portugese buns
3 kleinerige uie gekerf
2 brandrissies opgekap
4-5 eetlepels tamatie puree
1 eetlepel fyn knoffel
2 eetlepel suiker
2 eetlepels woestersous
bietjie wit peper en sout
6 eiers
braai die uie, knoffel tot sag voeg dan die tamatiepuree , woestersous , peper , sout , en suiker by en prut n rukkie
spuit n oondpan en plaas die oogesnyde buns wat effens hol gedruk is sodat dit n bakkie vorm en smeer dan die mengsel in die holte van die buns. Breek die eiers versigtig in die gesmeerde bun bakkies oop, en plaas in n voorverhitte oond van 170 grade en bak dan vir +- 20 min en geniet.
Bron en foto: Gideon Louw








