

BRANDEWYNTERT
brandewyn is nie net vir Coke bedoel nie.
BESTANDDELE:
200 g ontpitte dadels
5 ml koeksoda
250 ml kookwater
125 ml botter of margarien
250 ml strooisuiker
2 eiers
500 ml koekmeel
5 ml bakpoeier
2,5 ml sout
5 ml fyn kaneel
250 ml okkerneute
STROOP:
310 ml suiker
15 ml botter
190 ml water
5 ml vanielje ekstrak
knippie sout
125 ml brandewyn
NOU:
1.Voorverhit die oond tot 180 °C
2.Kap die dadels fyn
gooi kookwater en koeksoda in n houer en gooi die helfte van die fyngekapte dadels by die watermengsel – laat afkoel
1.Room die botter/margerien en suiker saam
2.Voeg die eiers by en klits verder
sif die droe bestandele saam en voeg by die eiermengsel
1.Kap die neute fyn
2.Voeg nou die orige dadels en fyn gekapte neute by die meelmengsel
3.Laaste voeg die dadel-en-koeksoda mengsel by
4.Smeer n tertbak en gooi die mengsel in jou tertbak
bak vir 35 minute by 180°C
STROOP:
1.Kook die suiker, botter en water saam vir 5 minute
2.Voeg die res van die stroopbestanddele by
gooi die warm stroop oor die warm tert.
Foto: Rita Killian






