

SPINASIETERTJIES
Gebruik ongeveer 10 tot 15 spinasieblare, skeur van stingels af en spoel goed af. Kook net klein rukkie en dreineer goed. Ek druk die water tussen my hande uit. Kap fyn.
Meng half koppie fyngekapte bacon
150g gerasperde kaas,
50ml koekmeel,
knippie sout en peper.
Klits 3 eiers en 150ml mayo saam en voeg by.
Meng alles deeglik en bak by 180 grade tot gaar.
BRON – Jacques Marianne Van Niekerk






