STOKVIS SKOTTEL
Bietjie margarien
1 houer (250ml) suurroom
1 pakkie (60g) dik wit uiesoppoeier
125 ml gewone volmelk
1 pak (800g) bevrore stokvisfilette
Aromat na smaak
Gerasperde cheddar-kaas
Fyngekapte pietersielie
Voorverhit oond tot 180grade
Smeer oondvaste bak van nagenoeg 30x20x5 dik met bietjie botter
Meng suurroom en soppoeier
Spoel roomhouer met die melk uit
Voeg dit by die sopmengsel en meng goed
Pak drie van die visfilette kop en punt in die bak
Strooi Aromat oor en skep dun lagie van sopmengsel bo-oor
Plaas oorblywende vis bo-op en bedek met oorblywende roommengsel
Strooi kaas oor asook pietersielie en ‘n bietjie Aromat
Bak die gereg ongeveer 40 minute lank tot mooi goudbruin en gaar
Laat ‘n rukkie staan voor opdiening
Lewer 6 porsies
Resep: Barbara Mayer







