

Helen van Wyk – Ek soek raad asb. Ek het 2 varkribbes laat pekel en rook – dis BAIE sout. Hoe nou gemaak? HELP ASB!!!!!!!
Stefaans Blaauw – Laat le dit vir 4 ure in vars water, en dan laat hang jy dit die nag uit om weer lekker af te droog en kleur te kry
Tracey Collier – kook dit eers in water met “n paar wortels, ‘n bay leaf of twee, peperkorrels, ‘n bietjie seldery en ‘n ui. Meeste van die sout sal oplos in die water. Kook stadig tot sag en maak net bruin oor ‘n vuurtjie
Fanie Smit – Laat lê vir 1 uur in koue water waarin aartappels sonder sout gekook was. Braai dan met ‘n mengsel van botter tamatiesous chutney appelkooskonfyt en worcestersous met klein bietjie vars knoffel
Johann Viljoen – Ek koop partykeer daai “rooi” gerookte varkrib, eintlik pienk. Dis erg sout, dus knip ek die sakkie net so klein gaatjie en gooi appelsap in. Die rib kan ‘n dag of meer in die appelsap lê en “marineer” – vark en appel loop hand aan hand!
Estelle Krüger Van Pletzen – Sal ook so bietjie kook met artappel en water afgooi doen dit so twee keer






