

STEFAANS SE WILDSTERT OF BEESSTERTPOTJIE
± 1 kg wild of beesstert
1 eetlepel sout
1 teelepel kaneel
1 teelepel swart peper
1 teelepel fyn koljander
2 eetlepel suurlemoensap of bruin asyn
1 eetlepel rou heuning
4 eetlepels Olyfolie
1 groot ui
1 groot aartappel in blokkies gesny
100 ml vars room
Gooi die vleis en die ui en die speserye in die swartpot, en potbraai eers tot lekker bruin, gooi nou water by en kook totdat die vleis lekker sag is. Gooi NOU EERS die aartappels by, en kook totdat die aartappels ook sag is, haal van die vuur af, en roer dan die 100 ml room by en laat staan so 5 minute voor opskep tyd.
Bedien saam met ‘n potjie lekker STAMPKORING of ‘n 50/50 mengsel van rys en stampkoring.
Foto en resep deur Stefaans Blaauw






