

BAKKERSVLA-CRÈME PÂTISSIÈRE
Genoeg vir 500 ml
40 g koekmeel
120 g suiker
300 ml melk
4 eiergele
5 ml vanieljegeursel
20 g botter
Sif die meel en suiker saam en hou eenkant.
Klits 60 ml van die melk en die eiergele saam. Gooi die meelmengsel by en klits tot glad.
Verhit die res van die melk oor lae hitte tot dit net begin kook.
Gooi ’n derde van die warm melk by die eiermengsel en meng goed. Gooi alles terug by die verhitte melk en roer goed.
Roer deurentyd tot die mengsel dik word. Kook vir 1 min. en roer steeds, want die vla kan maklik aanbrand.
Gooi die vanieljegeursel by en roer goed.
Skep uit en bedek die houer met kleefplastiek sodat die vla nie ’n vel maak nie.
Laat afkoel en hou in die yskas.
Hierdie vla werk wonderlik om klein tertdoppies mee te vul.
Word ook tuisgemaakte vla genoem.. heerlik






