
HOE OM AARTAPPEL SAG TE KOOK
Mariska De Swardt Bekker – Jammer maar ek soek raad as iemand het asb. Wat doen mens as aartappels in n bredie nie wil sag kook nie?
Philip Reineke – Jy moet die aartappels uithaal en in water kook of ‘n paar minute in mikrogolf met ‘n deksel op sodat hulle nie droog word nie. Ek sny hulle bietjie kleiner vir bredie.
Nadia Fourie – Ek stoom my aartappels vooraf in die steamer
Rina Groer – Put the lid on the pot and turn the heat down to a simmer. Strange but it works.
Magda Paulsen – as jy bredie kook en daar is enige tamaties/puree in, sal jou aartappels nie sag kook nie. Kook die aartappels apart tot gaar/sag en voeg aan die einde van bredie by..
Ria Vermeulen – onthou…….aartappels sal altyd glaserig kook in enige gereg met ‘n tamatie basis……so as jy tamatie in jou bredie gooi…..kook jou aartappels apart en voeg heel laaste by net vir bietjie kleur. Ou Maleier Antie in die Kaap het my nog geleer….
Alida Otto – Glaserige aartappels kook nooit sag. Ongelukkig kan jy nie voor die tyd sien, kom dit maar agter as jy hom sny.
Ben Swanepoel – Take a tip from a porra here…….maak nie saak watse aartappel jy gebruik nie, jy skil hom en sny soos jy hom soek. Gooi hom in n plastiek sak maak plastiek vol gaatjies en druk vir so tussen 5 en 10 min in microwave dan gooi jy dit by jou kos
Liz Terblanche – Dit gebeur as daar tamatie in die kos is daarom kook jy vooraf jou aartaples bietjie
Christina De Jager – gebruik ‘n slowcooker, dan eet jy as jy by die huis kom of ‘n elektriese stoompot, werk soos ‘n bom






