

JACKET POTATO – BAADJIE AARTAPPELS
Genoeg vir 4 mense
8 – 10 groot aartapels – jacket potato
2 groot uie in halwe ringe gesny
300 g maalvleis
200 g kaas
1 eetlepel maalvleis speserye
1 teelepel sout
Was aartappel mooi af en kook met skil tot sag. Laat afkoel.
Sny dan n stukkie van die aartappel af om die aartappel so veel as moonlik uit te hol. Die aartappel binneste word eenkant gehou.
Smeer nou die aartappel doppies liggies margarien en bak in oond met boonste element (260′ C) tot aartappel bros en goudbruin binne is.
Braai uie in n groot pan tot bruin, voeg maalvleis by en braai alles tot maalvleis ook gaar en mooi bruin is.voeg speserye en sout by.
Voeg nou die binneste deel van die aartappel wat eenkant gesit is by maalvleis mengsel en meng goed.
Skep met n eetlepel die mengsel in die aartappel doppies in.
Rasper kaas baie fyn en sprinkel n lagie oor die gevulde aartappel totdat bokant van elke aartappel lekker bedek is. Bak in oond tot kaas alles gesmelt is. Heerlike Jacket potato
Bedien met vars mengelslaai van u keuse.
RESEP INGESTUUR DEUR – Mickayla Swart
FOTO – Mickayla Swart






