
BLOMKOOLSLAAI MET KAAS
1 kop blomkool, skoongemaak en in blommetjies gebreek
150 g soetsuur agurkies, gesny
100 g kaas, in blokkies gesny
1 ui, fyngekap
Sous:
150 ml klaarbereide slaaisous (heuning en mosterd is nogal
lekker, of songedroogde tamatie)
25 ml tamatiepuree
5 ml Worcestersous
50 ml sonneblomsaad
Stoom die blomkool in bietjie water tot gaar, maar nie sag.
Dreineer. Meng die slaai bestanddele liggies saam. Meng nou die sousbestanddele
en gooi oor die slaai. Sprinkel die sonneblomsaad oor. Verkoel voor opdiening.






