

MICHELLE SE PAPATPOFFERTJIES
4 medium patats, geskil en in skywe gesny
1 eetlepel botter/margarien
2 eetlepels suiker (bruin of wit)
1 teelepel borrie
¼ teelepel kaneel
knypie sout
2 koppies water
Kook al die bogenoemde bestandele saam tot patats sag is en al die water weggekook is.
Maak fyn en voeg die volgende by:
2 eiers, geklits
± 1 ½ koppies koekmeel
2 teelepels bakpoeier
Die beslag moet nie te styf of te loperig wees nie.
Bak desertlepels vol in diep olie tot goudbruin.
(Om te toets of jou olie reg is: sit 1 teelepel van die mengsel in olie, as hy dadelik na bo styg, is jou olie reg)
Dreineer poffertjies op kombuispapier.
Maak ‘n Karamel sous en gooi bo oor.
Bedien warm en geniet!!
RESEP EN FOTO: Michelle Joubert
Elize de Kock
Karamelsous:
15 ml botter/margarien
200 ml suiker
200 ml melk
15 ml mielieblom
175 ml koue water
5 ml vanilla/karamel geursel
Verhit botter, suiker en melk tot kookpunt.
Los mielieblom in water op en roer in ‘n straaltjie by die melkmengsel.
oeg geursel by, kook tot verlangde dikte en gooi oor warm patats.






