
BOUQUET GARNI
Bouquet garni is ‘n bossie kruie wat gebruik word om voedsel, veral gestoofde geregte, te geur.
Gebruik gaasverband of ‘n toutjie en bind pietersieliestele, ‘n takkie tiemie en ‘n lourierblaar saam.
Die bouquet garni word altyd voor bediening verwyder.
Die bouquet garni kan vervang word met: 3 pietersieliestele, ‘n knippie tiemie en ‘n lourierblaar.






