GEMMERKOEKIES MET BARSIES
Resep: Hester du Buys Naudé
Foto: Susan Du Plessis Jordaan
FOOD LOVERS RECIPES
1,4 kg koekmeel
1 kg suiker
1 pakkie koeksoda (12 g)
1 pakkie kremetart (12 g)
6 eiers, geklits
500 g goue stroop
500 g Stork margarien / botter, sag
2 eetlepels gemmer, gelyk
(ek sit nog 7,5 ml “cumin” komyn in)
Vryf botter in droë bestanddele in.
Voeg geklitse eiers by plus goue stroop.
Knie goed en laat oornag in lugdigte houer in die yskas staan. Ek sit myne in 2 plastieksakke.
Rol volgende oggend in balletjies.
Pak in pan en bak by 180 ºC vir 18 min.
(elkeen se oond is anders. Hulle moet mooi bruin wees en gebars.)
Maak eers ‘n proef van hoe groot jou balletjies moet wees, anders loop die spul inmekaar in.
Ek sit verskillende grotes op en dan weeg ek elke balletjie sodat hulle ewe groot is.









Geskuif