KAAS EN UIE BROODROLLETJIES
Broodbolletjies vir saam met vanaand se oxtail:
4 koppies koekmeel (helfte het ek vervang met nutty crunch)
½ pakkie kitsgis
10 ml sout
5 ml suiker
water om stewige deeg te vorm.
Ek het 10 ml van Ina Paarman se Garlic en Herb seasoning by mengsel gevoeg.
Meng goed en laat rys op warm plek tot dubbeld die grootte.
Sny blokkies kaas en hou eenkant.
Sny 2 meduim uie grof en braai in olie met so 3 eetlepels bruinsuiker tot lekker taai.
Plaas van die gebraaide uie onder in pan en maak bolletjies met blokkie kaas in elke bolletjie.
Pak in gesmeerde pan en sit res van die uie en kaas tussen die bolletjies.
Laat weer rys vir 20 minute.
Bak teen 180°C vir 30 minute en giet dan ‘n mengsel van 50 ml olyfolie en 50 ml kookwater oor broodjie.
Bak tot gaar.
Resep en foto: Marietjie van der Merwe








