“GEEN KNIE” GLUTENVRYE BROODJIE
3.5 koppies gluten free high fibre bread flour
2 koppies lou warm water
1 teelepel sout
7 g korrel suurdeeg
50 ml sonneblomsade
60 ml semels (opsioneel)
Hou bietjie van die saad vir bo-op die brood.
Meng alles saam, en indien die deeg bietjie te droog is, gooi nog bietjie lou water by, dit moet net maklik skep. Plaas in ‘n klein brood pannetjie wat goed gesmeer is met botter, gooi die ekstra sade bo-op, druk effens in die deeg in en laat staan om te rys op ‘n warm plekkie. Ek het my oond op 40 grade C aangesit en dit het pragtig gerys.
Wanneer dit vol gerys het, haal die broodjie uit en verhit die oond tot 17o Grade C. Bak vir ongeveer 1 uur, of tot hol as jy daarop klop.
Geniet hom
Rina Kleinhans








