CHALLAH-JOODSE BROODJIE
Hierdie brood is ‘n Joodse brood en is absoluut heerlik en maklik om te maak, nou net klaar gebak en wag dat dit bietjie moet afkoel.
500 g broodmeel (ek gebruik partykeer koekmeel as ek nie broodmeel het nie)
10 ml sout
20 g (2 pakkies) kits gis of vars gis
200 ml louwarm water
30 ml strooisuiker
2 eiers
75 g gesmelte botter
Meng die droë bestanddele. Meng die botter by die water en die eiers, voeg by die meelmengsel en knie baie goed vir nie korter as 10 min nie. Laat rys op warm plek tot dubbel en knie af en laat weer rys tot dubbel.
Verdeel die deeg in 3 ewe groot stukke en rol ‘n lang “slang” van elke stuk, vleg en plaas in broodpan of op ‘n bakplaat. Laat rys tot dubbel en bak 20 min teen 200°C. Smeer dan bietjie botter bo-oor of wat ek hier gedoen het is ewe hoeveelhede suiker en water gekook en dit bo-oor geverf.
Foto: Ilona Turner









geskuif