
Ek weet nie hoe groot joune is nie, maar vergeet van ‘n “resep”. Hy is op sy lekkerste op een van hierdie maniere: as hy baie groot is, fillet hom netjies, en braai vinnig oor hoë hitte in ‘n dikboompan. (Net so’n paar minute aan elke kant). Gebruik botter wat jy eers so bietjie bruin laat braai, gooi dan olyfolie by. Van die kop maak jy die lekkerste denkbare vis-aftreksel — romankop het iets soos gelatien in, en is vreeslik geurig.
OF as jou vis heel in ‘n pan kan pas, braai die heel vis op dieselfde manier: in botter en olyfolie.
Ek vryf so’n bietjie mieliemeel gemeng met bietjie meelblom oor my vis voor ek dit braai, en geur dit met enige lekker mengsel, soos die een met peppadew in.
Ek sou beslis nie ‘n vars roman bedek met souse en goeters nie. Jy moet hom “underdone” maak, en sit hom dan in ‘n lou oond — glo my, hy bak deur in 10 minute. Die meeste mense maak hul vis te gaar, en sê dan hulle hou nie van vis nie!
— ek wou nog bylas — heerlik met gekookte jong aartappeltjies, ‘n soeterige groente soos ertjies of patats, en ‘n lekker bak groen slaai met goetertjies soos gekapte tamatie, basielkruid, bietjie gekapte ui, ens.
Resep idee: Zuri Roos







Geskuif