JOGURT GESONDHEIDSBROODJIES
2 koppies Nutty Wheat
1 koppie meel
1 koppie “crushed wheat”
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel sout
1 teelepel koeksoda
1 eetlepel heuning
1 eetlepel olie
2 eetlepels lynsaad
2 eetlepels sesame saad
2 eetlepels sonneblomsaad
1 koppie melk
500 ml jogurt (plein of gegeur)
Meng alles goed deur,
As jy ‘n groot brood maak, bak vir 1¼ uur op 160°
Vir mini broodjies, bak so 35 – 45 min.
Nota: vir die klein broodjie kry mens 12 uit hierdie mengsel.
Foto en resep : Amanda Struwig









geskuif
‘n ‘Wenk vir die broodjies:
As jy nie lemonade of sprite het nie, kan jy sodawater gebruik. Voeg dan net 2 eetlepels suiker by vir die soetigheid. Dit werk net so goed.