SJOKOLADE MOUSSE-KOEK
(1) Klits goed saam:
6 eiers
1½ koppies suiker
(2) Sif saam:
2 koppies koekmeel
4 teelepels bakpoeier
knippie sout
(3) Kook saam:
½ koppie sonneblomolie
1½ koppies warmwater
4 eetlepels hoogvol kakao
Meng 1 en 2. As 3 afgekoel het meng by 1 + 2.
Skep mengsel in ‘n diep koekpan wat voorberei is.
Bak 35 min teen 180°C.
Sny koek in 3 lae.
Plaas afwissellend wit en donker sjokolade mousse tussen lae.
Trek koek oor met ganache en versier met wit gesmelte sjokolade soos op foto hierbo.
OF versier met aarbeie, vye en vrugte of nes jy wil.
Ek koop die 1 kg sjokolade mousse poeier en gebruik die resep op die houer vir aanmaak.
Ek verminder slegs die vloeistof sodat die mousse ferm styf word om mee te werk.
Lekker bak en eet.
Foto en resep: Fanie Smit








