

GERALDINE SE STAMPMIELIE-GEREG
Hier is n lekker by kos saam met braaivleis.
3 koppies stampmielies
1 koppie mayonnaise
1 pakkie wit uiesop
250 ml room
250 gr spek gesnipper
1 ui gekerf
kaas om bo-oor te rasper
1 pakkie sampioene opgesny
aromat na smaak.
Week mielies oornag. Kook volgede dag. Dreineer en spoel met koue water af. Braai ui, sampioene en spek gaar. Meng alles saam. Skep in gesmeerde bak, strooi gerasperde kaas oor en bak by 180 ºC tot goudbruin.
Resep: Hester Vrey
Foto: Geraldine Chantel Combrink
Nota: dis vrek lekker bietjie knoffel bygegooi, het my stampmielies vanoggend is water geweek en so 4 uur vir 1 uur in mikrogolf gekook,sag sag sag






