GEEN KNIE OUMABROODJIE
3 koppies koekmeel
1 ½ koppie bruismeel gesif saam met die koekmeel
1 pakkie gis
3 tot 4 eetlepels olie
1 teelepel sout
3 koppies sterk lou water
Meng die gesifte meel en gis met die water (Gooi water bietjie vir bietjie by)
Die deeg moenie te slap wees nie en gooi dan olie by.
Roer goed, sit in pannetjie, laat rys tot die pannetjie vol is en bak by 180°C tot gaar.
Sal hol klink wanneer jy op dit ‘n klop.
Nota: vir ‘n soeter deeg kan bietjie suiker bygevoeg word
Geniet dit baie, dit is heerlik!
Foto: Ek het hierdie resep vanaand in my Midea instachef drukkoker gemaak. Deeg aan gemaak volgens resep, Bread setting gebruik wat 1:45 uur is, daarna uitgehaal omgedraai in die Midea pot en nog verder op 5 minute bake setting gesit.
Foto: Adél Annandale