Meng die droe bestandele en mielie pitte in ‘n mengbak. (*As jy die geroomde mielies gebruik meng dit eerder saam met die melk & eiers.)
Klits die eiers, melk olie saam en voeg by die droee bestandele en meng goed.
Gooi in goed gesmeerde broodpan (omtrent 280 x 110 x 65 mm of 225 x 125 x 80 mm). Ek skud altyd my panne uit met meel om te verhoed dat enigiets vassit.
Bak teen 180°C vir 50-60 minute of totdat goud bruin en deurgebak. Toets met metaal pen om seker te maak dis ferm en geen klammigheid in die middel nie. Met die geroomde mielies gaan dit effens klammer wees as wanneer jy net mieliepitte gebruik.
Laat vir paar minute afkoel in die pan, maak seker die broodjie se kante is los van die pan en gooi uit op ‘n afkoel rakkie. Bedien warm of afgekoel en selfs geroosterde snytjies. Dis ‘n baie bros broodjie so dit sny makliker as dit afgekoel het. Jy kan gerasperde kaas, gekapte spriet uitjies, gebraaide spek stukkies bysit vir ekstra geur. Ek het gedroogde chillie vlokkies bygesit vir bietjie zing!!!
1 Broodjie gee 16-20 snytjies
Ek het die resep verdubbel en twee brode gebak. Dit vries perfek. Nadat dit ontdooi is kan dit in die oond by 160°C weer warm gemaak word vir 8-10 minute.
Nota:
Die hoeveelheid beslag pas perfek in hierdie 3 pannetjies met 6 individuele broodjies elk. Ek bak dit weer vandag as Klein broodjies vir ‘n braai met gesnipperde sprietuitjies en gesprinkel met gerookte paprika en kaas voor dit in die oond gaan. Dit bak Dan ongeveer 25-30 minute in my gasoond.
BRON – Golden Cornbread (Art of Cooking – Carolie de Koster)
FOTO – Elsabie Templeton
geskuif