GOUE MIELIEBROOD

2015-04-22-gouemieliebroodtested

GOUE MIELIEBROOD
Resep: Golden Cornbread (Art of Cooking – Carolie de Koster)
Foto’s en notas: Elsabie Templeton
FOOD LOVERS RECIPES
250 ml mieliemeel (ek verkies polenta omdat dit ‘n dieper goue kleur gee)
375 ml koekmeel
375 ml gaar mieliepitte van die stronk afgesny, geblikte of gevriesde mieliepitte (ek het *geroomde mielies gebruik en 1 gaar mielie van die stronk afgesny.
20 ml bakpoeier
15 ml suiker
5 ml sout
350 ml melk
50 ml sonneblom olie
2 eiers

Meng die droë bestandele en mielie pitte in ‘n mengbak. (*As jy die geroomde mielies gebruik meng dit eerder saam met die melk & eiers.)
Klits die eiers, melk olie saam en voeg by die droee bestanDdele en meng goed.
Skep in goed gesmeerde broodpan (omtrent 280 x 110 x 65 mm of 225 x 125 x 80 mm). Ek skud altyd my panne uit met meel om te verhoed dat enigiets vassit.
Bak teen 180°C vir 50-60 minute of totdat goud bruin en deurgebak. Toets met metaal pen om seker te maak dis ferm en geen klammigheid in die middel nie. Met die geroomde mielies gaan dit effens klammer wees as wanneer jy net mieliepitte gebruik.
Laat vir paar minute afkoel in die pan, maak seker die broodjie se kante is los van die pan en keer uit op ‘n afkoel rakkie.
Bedien warm of afgekoel en selfs geroosterde snytjies. Dis ‘n baie bros broodjie so dit sny makliker as dit afgekoel het. Jy kan gerasperde kaas, gekapte spriet uitjies, gebraaide spek stukkies bysit vir ekstra geur. Ek het gedroogde chillie vlokkies bygesit vir bietjie zing!!!

1 Broodjie gee 16-20 snytjies

Ek het die resep verdubbel en twee brode gebak. Dit vries perfek. Nadat dit ontdooi is kan dit in die oond by 160°C weer warm gemaak word vir 8-10 minute.

Nota:
Die hoeveelheid beslag pas perfek in hierdie 3 pannetjies met 6 individuele broodjies elk. Ek bak dit weer vandag as Klein broodjies vir ‘n braai met gesnipperde sprietuitjies en gesprinkel met gerookte paprika en kaas voor dit in die oond gaan. Dit bak Dan ongeveer 25-30 minute in my gasoond.