GEEN GIS ROLLETJIES
Yummy aandete! Vark fillet, geen gis rolletjie en slaai!
Vark fillet:
Safari legendary seasoning (proe soos biltong) saam sout en peper warm gemaak in pan, bietjie druiwepit olie en bietjie wyn bygevoeg, braai die heel fillet tot amper gaar saam met die spesery-mengsel, Voeg Jimmy sous by en kook tot lekker dik sous vorm. Sny die vleis in skywe met die sous oor.
Geen gis rolletjies:
Mengsel vir so 4 broodjies, verdubbel indien verlang
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout
½ koppie volroom melk
2 eetlepels mayonnaise
Meng als saam in meng bak, skep in muffin pannetjie voorberei met kossproei.
Bak in voorverhitte oond teen 180°C vir 20 minute tot mooi goudbruin.
Slaai:
Spoel blaarslaai uit met soutwater.
Pak slaaiblare, tamatie, groen soetrissie, olywe, feta en wit pitlose druiwe in lae, voeg bietjie pietersielie en slaai sous oor. Ek het gekoopte jogurt- and kruieslaaisous gebruik.
Resep en foto 1: Lee-Ann Snyman
Foto 2: Adam Cloete – ek hierdie resep van die geen gis rolletjies verdubbel en toe ‘n geen gis broodjie gebak. Probeer dit gerus. Die baktyd moet net verdubbel, afhangende van jou oond.










Sonder brood in die huis en nie lus vir sukkel met suurdeeg nie, het ek hierdie resep van die geen gis rolletjies verdubbel en toe ‘n geen gis broodjie gebak. Probeer dit gerus. Die baktyd moet net verdubbel, afhangende van jou oond.