KOEDOE EN GEMSBOK-STEAK
Koedoe en Gemsbok steak soos ons dit hier in Namibië maak.
Kap jou steaks met vleishamertjie.
Gooi mildelik suurlemoensap oor en gooi braaispeserye oor.
Doop eers in geklitste eiers, dan in bruismeel.
Braai in warm olie. Dit moet warm olie wees anders val die meel af.
Pak in bak.
Maak ‘n soetsuur sousie deur die meel en eiers wat oorbly te meng met asyn en suiker en bietjie water.Jy kan ‘n vleisblokkie by die sous gooi om nog meer geur te gee.
Ons maak mash by en ‘n lekker tamatie, feta en sprietuie slaai.
Ek proe maar die sousie. Gooi so 2 koppies water, vleisblokkie, half koppie suiker en asyn na smaak. Ons hou van hom baie suur. Gooi dan jou eier en meel by wat jy met bietjie water aangemaak het by. Of verdik met maizena.
BRON – Annelore Von Solms Joubert