

LESLEY SE ONGEBAKTE KAASKOEK
Resep en foto: Lesley-Ann Fortuin
FOOD LOVERS RECIPES
Kors:
2 pakke gemmerkoekies of Tennis koekies, fyngedruk
180 ml gesmelte botter
Meng saam en druk onder en teen die kante van ‘n losboom pan vas. Plaas in vrieskas vir ten minste 10 minute.
Vulsel:
2 bakkies laevet roomkaas
1 ¼ blik kondensmelk
75 ml vars gedrukte suurlemoensap
¼ teelepel vanilla poeier of 1 teelepel vanilla extract
Klits die roomkaas met ‘n elektriese klitser tot glad. Meng die kondensmelk geleidelik by en daarna die suurlemoensap en vanilla. Skep die mengsel in die kors, bedek met plastiek, plaas in die yskas en laat stol vir 3 ure.
Versier met vars bessies of soos verkies.







geskuif