BRANDBEK HOENDER AFVAL
400 g hoender magies
250 g hoender lewers
2 groterige uie, gsnipper
½ koppie tamatiesous
2 eetlepels balsamiese asyn
2 eetlepels Worcestersous
2 eetlepels bruinasyn
1 eetlepel pietersielie
1 eetlepel suiker
1 teelepel chillie flakes
sout wit en swart peper
2 eetlepels bruin asyn + 1 koppie water
Neem die bruinasyn en koppie water en voeg saam met die magies in ‘n kastrol.
Kook vir ± 1 uur tot sag.
Smoor die uie en voeg lewers daarby en kook effe.
Voeg die uie, lewers en al die ander bestanddele by die magies in die kastrol.
Geur met die sout, witpeper en swartpeper na smaak.
Kook alles deur en sorg dat daar ‘n lekker sousie is.
Dien op saam met rys!
BRON – Gideon Louw