

GEVRIESDE MASH
Ek het die naweek sowat 10 kg aartappels uit ons tuin in mash verwerk vir die vrieskas.
Ek het mash gemaak soos normaalweg en dit toe in bakpapier in rolle gedraai en in die vrieskas gesit oornag. Die volgende oggend uit die papier gehaal en dit in porsies in plastiek verpak.
Ons het gisteraand die eerste porsie ontvries en warm gemaak – PERFEK, die tekstuur en smaak is 100% soos varsgemaakte mash.
Nota: Ek het agter gekom dat dit beste is binne die eerste 4 maande. Daarna is dit nog OK, maar dis beter binne 4 maande.
Bron en foto: Petro Borchard






