SLAKKE IN KNOFFELBOTTER
Dis eintlik net slakke uit ‘n blik, gedreineer en liggies afgespoel. Eintlik het ek nie ‘n resep nie! Jy meng dan regte botter (asb. geen margarien), regte egte fyngekapte knoffel en pieterselie, voeg swartpeper by, miskien ‘n fyn knippie sout. Ek skat maar die hoeveelhede. Sit ‘n slakkie of 2 of 3 (hang af van hul grootte) in elke holtetjie.
Mens kan altyd meer knoffelbotter maak as jy sien jy het nie genoeg nie. Vir hierdie gereg het ek bocconcini (sagte mozzarella) gesny en bo-op gesit, met bietjie geursout (weet nie eens wat nie; daar is so baie). Dan kortliks in ‘n warm oond (so 180 grade) tot die mozz. net begin smelt. Intussen maak jy roosterbrood om saam te eet met die lekker ryk sousie, of gebruik ‘n heerlike ciabatta … Dit is regtig een van daai dinge wat jy sommer so op gevoel en smaak maak
BRON – Zuri Roos








