BOBOTIE WAT GEVRIES KAN WORD
2 groot uie
2 eetlepel botter
3 snye brood
½ koppie kookmelk
3 eetlepels borrie
1.5 eetlepel kerrie
3 eetlepels appelkooskonfyt
1 eetl blatjang
¾ koppie asyn
1 eetlepel suiker
2 eetlepels sultanas
1 gerasperde appel
900 g maalvleis
2 eiers
1 koppie melk
Braai uie bruin in botter.
Week brood in melk, druk melk uit, voeg by uie.
Meng res van bestanddele behalwe vleis, melk en eiers.
Voeg by uie en stowe 10 min.
Voeg die warm sous by vleis in kastrol en laat kook tot gaar.
Roer af en toe.
Skep in vriesbare bak en laat afkoel.
Sit in vrieskas.
Ontdooi oornag in koelkas.
Klits eiers en melk en giet bo-oor.
Bak by 190°C vir 15 min.
BRON – Ben Rautenbach