GEVULDE BABY MARROWS
Ek het gekyk of daar so n resep op die blog is maar kon nie iets sien nie.
Ek het nou die probeer nie om iets te maak vir n snack of om te eet nie maar uit nuuskurigheid.
Vanoggend in n winkel sien ek die gevulde baby marrows. Dit het nie meer vars gelyk nie toe los ek dit. Wel ek dink nog die hele tyd want dit het lekker gelyk en toe probeer ek die.
Ek het nie geweet watse vulsul is in die winkel gebruik nie.
Ek het 4 baby marrows in die lengte gesny nie in die helfte nie so drie kwart
Daarna het ek die drie kwart stukke uit gehol. Dit lyk nie so op die foto nie maar dit was uit gehol
Ek het die stukkies wat ek uit gehaal het kleiner stukkies gesny en sommer van vanmiddag se Eis Bein ook stukkies gesny en dit gemeng en toe weer die Baby Marrows op gevul.
Kaas oor gerasper.
In die oond gebak tot gaar
Ek dink volgende keer moet ek tande stokkies aan die kante in sit vir voetstukke sodat dit nie omval terwyl dit bak nie.
Nou net een geproe. Defnetief speserye binne in die uitgeholde Baby Marrow gooi voor jy die vulsul in sit.
BRON – Koos van der Merwe








