BUFFEL POTJIE
Braai uie met olie. Sit dan die vleis in, as jy wilds vleis gebruik giet vars pynappelsap oor en lê vir 10 min in die sap, dreineer dan af en roer vleis in pot. Braai effens. Voeg 500 ml water, soja sous en spesrye by soos jy voel. Laat stadig prut vir so 3 ure. Voeg die aartappels, wortels en boontjies bo op druk net mooi onder sous in, prut vir ±15 min.
Ek proe gewoonlik as dit begin sag word dan het ek mielies en sampioene in gegooi. ‘n Pakkie bruin uiesoppoeier aan gemaak met water afhangend hoeveel sous in pot is. Die groente en vleis moet net bedek wees, want rys gebruik baie sous. Voeg ‘n koppie rou rys by en prut tot rys gaar is en geniet.
Resep en foto:-Dina Bosman








