TOFFIEAPPELS
5 middelslag appels
250 ml suiker
75 ml kookwater
2.5 ml asyn
1 ml kremetart
2.5 ml kleursel, rooi of groen.
Gebruik sosatie stokkies en sny in helfte. Druk in die appels. Smeer ‘n glasbak om toffie appels op te sit. Sit al die bestanddele in pot op stoof en laat kook tot kraak stadium. Roer kort kort. Toets stroop in bietjie yswater. Stroop sal kraak geluid maak in water en onmiddelik hard raak. Haal van stoof af. Neem nou appel aan stokkie en doop in stroop met draai beweging. Plaas op gesmeerde bord en laat koud word. Indien jy meer wil maak verdubbel bestanddele en kook bietjie langer.
Resep: Alta West
Foto: Shaunay Strydom
One thought on “TOFFIEAPPELS”
Leave a comment
You must be logged in to post a comment.









Shaunay Strydom
Baie dankie ekt al paar keer toffie appels gemaak maar kon dit nooit reg kry nie.of dis n taai gemors of die toffie loop van appel af.ekt die resep gekry en is n wenner.
my kids ryg die appels in nou.eks mal oor die resepte van julle, als werk.