VULSEL VIR GIDEON SE GESTOPTE HOENDER
Daar bestaan nie ‘n resep vir hierrie hoener nie en die manier van gaarmaak is uniek vroulief sê dit is net ek wat dit so kan doen ! die rooster is eers plat ! dan opsy sy ! dan op sy kop ! dan word die hoener oppierooster gedraai ! dan moet die fortsen jorts na die kole toe wys ! dan word die koletang as ‘n stut gebruik ! verstaan jy maar hier is wat ek gebruik het om dit mee te stop :
vier marinated sundried tamaties stukkies geknip of net s0
klompie gekapte pietersiellie
een rolletjie gekerfde bokmelk kaas
250 g sampioene en uie saam gesmoor vooraf
1/2 koppie broodkrummels
sout en peper na jou smaak
Ryg dan die hoenertjie toe nadat dit gstop is met naald en garing
Die proses van gaar maak is +- 1 1/2 uur op stadige kole
en siedaar n hoender met ‘n aerial !
Resep en foto: Gideon Louw








