

SPEK-EN-KAASBROOD
1 kg gekoopte brooddeeg
1 pakkie (80 g) wit uiesoppoeier
250 g spekvleis, gesnipper en gebraai
375 ml (1½ kopie) room
300 ml cheddarkaas, gerasper
Verhit die oond tot 180° C.
Spuit ’n oondbak met kossproei.
Vorm die deeg in balle en pak dit styf teen mekaar in die bak. Laat 30 minute staan om te rys.
Meng die uiesop, spek en room. Giet oor die deeg en sprinkel die kaas oor.
Bak sowat 30-40 minute of tot gaar en goudbruin.
Nota:
Ek het my eie brooddeeg gemaak vir die resep.
Foto: Nadia Thölix






