KITS KOEK MET LEMOENSTROOP
1 groot koppie koekmeel
¾ koppie melk
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilla geursel
¾ koppie suiker
2 eetlepels olie
2 eiers
Meng alles in n bak en klits goed. Bak by 180º C vir 20 minute.
STROOP.
1 klein koppie lemoensap
¼ koppie suiker
Kook saam en giet oor koek wanneer uit oond kom.
Bedien warm
BRON- Petro Calitz