

HOENDER / VARK STIRFRY
Genoeg vir 2 ruim porsies
300 g vleis in stukkies gesny
500 g voorafbereide stirfry groente
Sout en Peper
Sojasous
Sprinkel vleis met sout, peper en sojasous.
Meng deeglik.
Spuit wokpan met olie of Spray ‘n Cook.
Braai eers vleis tot gaar en haal uit pan.
Braai groente 250 g op ‘n slag tot dit gaar maar nog krakerig is.
Haal uit en herhaal tweede mengsel.
Sit nou alles terug in pan en roer deur tot alles gemeng is.
Geur met nog sout en peper indien nodig.
Braai nog so 1-2 minute om alles gelyk te verhit.
Bedien bo-op rys of noedels.
Indien jy wil, kan jy Sweet Chillie sous inroer.
Foto en resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand- Eie resep






