1kg lean mince
1 ui, skyfies gesny
5 aartappels, gaargemaak en blokkies gesny
6 teelepls kerriepoeier (matig of sterk)
1 eetlepel kerriepasta
2 eetlepels borrie
2 eetlepels chutney
knippie fyn koljander en jeera
Sout en peper na smaak
2 eetlepels bruin souspoeier, gemeng met ‘n halwe koppie water
(bruinuiesoppoeier kan ook gebruik word)
1 rol blaardeeg
Braai ui in klein bietjie olie tot gaar. Voeg die geurmiddels (behalwe souspoeier) by en roerbraai ‘n minuut saam met die uie. Voeg die mince by en roerbraai tot gaar. Roer aartappel by. Voeg souspoeier mengsel by, kook deur tot dit effens verdik. Skep in ‘n oondvaste bak en laat effens afkoel. Rol deeg uit en plaas bo-op. Bak by 180grC vir plus/minus 40 minute. Bedien 6 – 8.
Louise Groenewald
Eie resep
Nota: Hannelie Bezuidenhout – My weergame van die kerrie mince pastei. Net my deeg vervang met skons deeg.
1.5 k melk
1 k kook olie
4 eiers
2 k koekmeel
6 tl bakpoeier
1 tl aromat
Sif droe bestandele, meng alle bestandele goed saam. Laat staan vir Half uur. Plaas oor vleis en bak vir. 30 min 180’C oond.









