Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ’n broodpan met olie.
Sif die meel en bakpoeier in ’n groot bak. Roer die sprietuie, kaas en spek by (moenie die spek gaarmaak nie – dit gee die brood sy geur terwyl dit in die deeg kook).
Meng die eiers, sout, peper, soetrissiesous, olie en karringmelk in ’n beker of bak. Giet in die meelmengsel en meng goed.
Plaas die deeg in die bereide broodpan en bak 40 minute of tot ’n vleispen wat in die middel gedruk word, skoon uitkom.
Laat vyf minute afkoel, draai uit op draadrak en laat heeltemal afkoel
Foto: Martie Erasmus
Alberta van Wyk – Biltongbrood
Saterdag het ons kerkbasaar gehad en het ek die hierdie een gemaak.
Ek het die Kaas en Spekbroodjie (op die blog) in ‘n ronde koekpan gebak
My half disnis gesukkel om die worse te laat regop staan teen die wrap waarmee ek die broodjiekoek toegemaak het. Maar op die ou einde het cream cheese toe die ding gedoen. Bo op het ek gekerfde beesbiltong gegooi. Maaskaas en fynbiltong gemeng en in fyn biltong gerol bo op asook bacon biltong wat ek net gerol het.
Die gerolde bacon biltong moet ‘n rosie effek gee










