

MAKLIKE CHOCOLATE ECLAIRS
Choux buns:
250ml Kookwater
125ml botter
250ml koekmeel
4 groot eiers
Voorverhit oond op 180 grade
Gooi die kookwater in ‘n pot en voeg die botter by. Laat botter smelt. Voeg nou die koekmeel by op een slag en meng verkieslik met ‘n houtlepel. Die mengsel sal binne sekondes ‘n ronde bal vorm en wegtrek van die kante van die kastrol af. Haal af van stoof af.
Nou klits jy met ‘n elektriese klitser een vir een eier in. Let wel, MOET NIE al die eiers op eenslag ingooi nie, want die eiers dien as rysmiddel. So jy gooi een eier in, en klits vir ongeveer ‘n minuut tot goed gemeng. En so doen jy met al die eiers tot al 4 ingeklits is.
Vat nou ‘n isingsak of ek vat sommer ‘n sakkie waarvan ek die punt afsny, en sit die deeg daarin en spuit sulke deeglyne wat omtrent so lank soos mens se vinger is (onthou dit moet nog rys ook). So jy kan dit eintlik so dik of lank maak soos jy wil.
Bak vir 25 minute tot 30 minute afhangende van hoe bruin jy dit wil he.
Vul met room wat styf geklits. Ek vat vir hierdie hoeveelheid 250ml room, 2 eetlepels strooisuiker.
En heel laaste smelt chocolade met bietjie room in om bo oor te smeer.
BRON- Dewet En Tania Botha







NOG GOEIE RAAD VAN ONS LEDE:
Annatjie Heydenrych:
Dit is baie belangrik dat jy die eiers een vir een inklop. Dit is ook baie beter om hom met die hand te klop – ek het eenkeer probeer om dit met my menger te doen en het ‘n loperige gedoente gehad. Hy vra net elbow grease
Annatjie Heydenrych :
Onthou ook – net ‘n halfuur in oond en wanneer jy hulle uithaal, steek hulle so paar keer met ‘n stopnaald – dit laat die stoom binne-in ontsnap en jy het dan ook minder “vliesies” binne-in
Annatjie Heydenrych:
O – en jy moet asseblief ‘n houtlepel gebruik – nie ‘n whisk nie
Marius de Beer: Jy kan n bietjie mezina byvoeg. Dit sal glad nie jou tekstuur of smaak beinvloed nie.
Dewet en Tania baie dankie vir die deel van die resep dis eerlikwaar vreeslik maklik en dis heerlik ….die sal van nou af gereeld gemaak word nogmals dankie