MAKLIKE CHOCOLATE ECLAIRS

2014-08-22-maklikechocolateeclairstested
MAKLIKE CHOCOLATE ECLAIRS

Choux buns:

250ml Kookwater
125ml botter
250ml koekmeel
4 groot eiers

Voorverhit oond op 180 grade

Gooi die kookwater in ‘n pot en voeg die botter by. Laat botter smelt. Voeg nou die koekmeel by op een slag en meng verkieslik met ‘n houtlepel. Die mengsel sal binne sekondes ‘n ronde bal vorm en wegtrek van die kante van die kastrol af. Haal af van stoof af.

Nou klits jy met ‘n elektriese klitser een vir een eier in. Let wel, MOET NIE al die eiers op eenslag ingooi nie, want die eiers dien as rysmiddel. So jy gooi een eier in, en klits vir ongeveer ‘n minuut tot goed gemeng. En so doen jy met al die eiers tot al 4 ingeklits is.

Vat nou ‘n isingsak of ek vat sommer ‘n sakkie waarvan ek die punt afsny, en sit die deeg daarin en spuit sulke deeglyne wat omtrent so lank soos mens se vinger is (onthou dit moet nog rys ook). So jy kan dit eintlik so dik of lank maak soos jy wil.

Bak vir 25 minute tot 30 minute afhangende van hoe bruin jy dit wil he.

Vul met room wat styf geklits. Ek vat vir hierdie hoeveelheid 250ml room, 2 eetlepels strooisuiker.

En heel laaste smelt chocolade met bietjie room in om bo oor te smeer.
BRON- Dewet En Tania Botha‎