

ELANDSTEW PASTEI
Oorskiet eland stew bo-op ‘n slap degie (Nutty Wheat meel gebruik) geskep met kaas gestrooi en gebak vir aandete. Soos ‘n sout tert.
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
knippie sout, meng.
In 250 ml maatkoppie gooi 1/4 koppie olie, 1 eier en 1 eetlpele asyn en maak vol tot 250ml merk met melk.
Klits en meng in by meelmengsel. Skep die slapdegie in gesmeerde oondbak. Skep enige koue gaar vleis bo-op, strooi kaas oor en bak by 200ºC vir 20-25min.
BRON- Elsabie Templeton






